Vervaardiger



 Besoek 

Nuusbrief


Sluit nou gerus aan by Lefra Produksies se nuusbrief om die nuutste nuus oor al ons produksies te kry.

 Sluit nou verniet aan 


Ana van Achterberg

Ana van Achterbergh het haar B-Tech Diploma in Drama en Film verwerf aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria. Haar liefde en passie vir drama kom al van kleintyd af waar sy op laer- en hoërskool aan elke kunswedstryd en eistedfodd deelgeneem het, kultuurstêr geword het en die toekenning as beste redenaar en akteur in haar Hoërskool. Toe sy elf-jaar oud was, het sy die drama afdeling op die televisieprogram Star Search gewen. Ana is natuurlik ook Suid-Afrika se Liewe Heksie, en speel reeds sedert 2010 in die produksie. Ana was voorheen radio omroeper by Oos-Rand Stereo 93.9FM en het die regie van verskeie ATKV-tonele behartig en kortfilms geskryf.

Botha Enslin

Die talentvolle Botha Enslin het in 2003 sy dramakwalifikasie aan die Technikon van Pretoria (nou TUT) verwerf en was die afgelope paar jaar veral besig met kinderteater, met bykans 30 van die produksies onder die belt. “Kinderteater leer 'n kind om in hierdie tyd van hoë tegnologie weer kind te wees,” sê Botha. “Dit laat 'n kind droom en verbreed sy verbeeldingswêreld”. Botha was sedert 2010 (en is steeds!) te sien in Lefra Produksies se Liewe Heksie, waarin hy ‘n paar rolle vertolk. Behalwe sy optredes in kinderproduksies, was Botha onder andere te sien in Houtkruis - Die Musical en Jonathan Taylor se 2010 produksie Dogs of the Blue Gods. Hy is ‘n bekende gesig op televisie met verskeie advertensies agter sy naam, en rolle in onder andere die sepies Generations en Rhythm City, en natuurlik as die fopdosser Thalula in Erfsondes! Hy het ook verskeie rolle in Lefra se klugte sedert 2013 vertolk. Botha was verlede jaar te sien in die Pierre van Pletzen-klug Aaptwak, en fliekgangers sal hom herken as die gholfbeampte in die rolprent Thys en Trix, en het hy ook sy verskyning gemaak as die sekuriteitswag in die bekroonde 2019 Silwerskermfees-rolprent Fuit-fluit.



Elma Potgieter

Ettienne du Plessis

Etienne du Plessis vertolk tans die rol van Phillip Martins in die Lefra-klug My Oom se Vrou se Plekkie. Etienne het ook aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie studeer en in 2018 die rol van The Big Bopper in die musiekblyspel Buddy – The Buddy Holly Story vertolk.



Francios van Rensburg

Francois van Rensburg se stem behoort vir Suid-Afrikaners baie bekend te wees: hy is sedert 2009 deel van RSG se jeugvervolgverhaal Ratels deur Leon van Nierop, waar hy die rol van Vincent de Wahl die afgelope vyf jaar vertolk. Op Hoërskool reeds het hy die toekenning ontvang as beste akteur tydens die ATKV Tienertoneelkompetisie. Sy gesig was ook al op televisie te sien: eers in die sepie Binneland as Louis en toe in Sewende Laan as Gerrie, Errol se pêl. Francois het ook al in verskeie musiekblyspele opgetree waaronder Tree Aan!, Ons Vir Jou en Jesus, die Musiekblyspel tel. In 2013 saai RSG die radioverhaal Sibbe uit, wat deur Francois geskryf is. Francois is die nuwe middagomroeper by GrootFM met sy program Lunch Punch.

Jané Swanepoel



Johan Joubert

Johan Joubert het sy B-Tech Graad in Drama verwerf by TUT in Pretoria en het daarna verskeie kinderteaterproduksies gedoen, veral vir Redhead Productions en opvoedkundige teater vir PIT Produksies. Televisiekykers sal hom onthou vir reeks soos KykNet se Sterlopers en Phil 101. Johan was ook te sien in ‘n Silwerskermfees-kortfilm, Eenrigting. Hy het onlangs die regie van ‘n Zulu/Engelse opvoedkundige produksie behartig.

Juanita Mardon

Juanita Mardon van Pretoria het haar Honneursgraad in Drama aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy sit haar studies voort by die Drama Academy of Art San Fransisco. Hierdie 27-jarige aktrise, wat graag skets in haar vrye tyd, het ook die teks geskryf vir die kortfilm Sussie, wat tydens die 9de kykNet Silwerskermfees vertoon was. In My Vrou se Man se Vrou vertolk sy die rol van Barbara, wat sy as “liefdevol, sterk, woelig en vreesloos” beskryf. Sy was in 2017 te sien in die verhoogproduksies Die Avonture van Dawie die Tuindwergie en Ligte! kamera! Aksie!



Marissa Claasen

Marissa Claasen is ‘n 29-jarige aktrise en musikant. Sy het haar B-tech Graad in Drama in 2013 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie behaal, waar sy verskeie komiese en ernstige rolle in universiteitsproduksies vertolk het, waaronder die rol van Eliza Doolittle in George Bernard Shaw se Pygmalion vir haar ‘n hoogtepunt was. Tydens haar studies ontvang sy ook twee nominasies as beste aktrise. Sedert 2014 was sy deel van vele kinderteater produksies, en het talle rolle in Lefra se kinderproduksie, Liewe Heksie, vertolk. In 2015 was sy aanbieder van die kookprogram, Agter die lekker aan. Sy speel ook gereeld in die Tjiff en Tjaff verhoogproduksies. Marissa was onlangs te sien as Nina van Rooyen in die verhoogproduksie van Fiela se Kind. Sedertdien het sy op verskeie televisieproduksies agter die skerm gewerk.